BA Program in Sosio-Informatika
Inligtingstelsels het 'n onbetwisbare deel van ons wêreld geword en speel 'n noodsaaklike rol in moderne organisasies. In hierdie vinnig-veranderende wêreld het ons 'n behoefde om die ontploffing van informasie te verstaan en te oorleef in die turbulente wêreld waarin ons onself bevind.
Hierdie kursus fokus nie net op 'n grondige verstaan van tegnologie nie, maar voeg ook 'n dieper verstaan van sosiale en organisatoriese dinamika en kennisstelsels daarby. Die program BA (Sosio-Informatika) is uniek in die Suid-Afrikaanse konteks aangesien dit harde, tegniese vakke kombineer met vakke uit die sosiale wetenskappe. Hierdie gebalansseerde benadering inkorporeer elemente wat strek van modellering, databasisontwerp en programmering tot sosiale teorie, menslike kognisie, politiek en leierskap.
Deur informatika in geheel te beskou bemagtig hierdie kursus studente om die regte-wêreld implikasies van die vakmateriaal te verstaan, eerder as 'n blote akademiese studie.
Laai gerus die brosjure af vir al die detail oor hierdie opwindende program.
Download PDF brochure | Laai PDF brosjure af
|